full screen background image

Zanis se gimnaste presteer in Pretoria

528

Trampoliengimnaste van Zanis Gimnastiekakademie het onlangs aan die Gauteng Streekkompetisie in Pretoria deelgeneem en met 19 uit ‘n moontlike 22 medaljes weggestap.
Leandré Du Preez het goue medaljes in die eurotrampolien- en minitrampolien-afdelings gewen, terwyl Simoné Erasmus ‘n bronsmedalje in die minitrampolien-afdeling behaal het.
Veroneque Lessing het ook ‘n bronsmedalje vir minitrampolien ontvang en Duncan Tilburn kan met ‘n goue medalje in hierdie afdeling spog. Martin Weweje het goud vir eurotrampolien en silwer vir minitrampolien gewen, terwyl sy spanmaat, Joshua Brooks ‘n silwermedalje in die eurotrampolien- en ‘n brons in die minitrampolien-afdeling verower het.
Deandro Du Preez het Zanis se naam hoog gehou deur ‘n goue medalje vir sy minitrampolienroetine te wen en JJ de Lange het uitgeblink deur ‘n silwermedalje vir eurotrampolien en goud vir minitrampolien te wen.
Sybrand van Rooyen het onderskeidelik brons en silwer vir sy euro- en minitrampolien vertonings gekry, en Johalize Hattingh het ‘n goue medalje in die eurotrampolien- asook goud in die minitrampolien-afdelings verower.

BARRY VILJOEN
>>[email protected]