full screen background image

Woord in Aksie bied vrouekamp aan

918

As deel van ‘n reeks lewensveranderende kampe wat regdeur die jaar aangebied word, het Woord in Aksie (WIA) die afgelope naweek ‘n vrouekamp vir sowat 60 vroue in Polokwane aangebied.
Volgens WIA-streekleier, Trienie Mahne, is die organisasie ‘n interkerklike bediening wat kampe vir emosionele genesing aanbied.
“Stukkende mense weet nie hoe om in triomf te lewe nie. Mense moet gehelp word om ander te vergewe en finaal afskeid te neem van geliefdes wat oorlede is om emosioneel intelligent na gees, siel en liggaam te word,” het sy verduidelik.
“WIA is nie ‘n kerk nie want elke leier wat opdaag, behoort aan sy eie kerk. Ons wil minstens een leier uit elke gemeente of geestesgroep hê, want die kleingroep wat hulle gedurende ‘n kampnaweek ontvang, moet daarna saam met hulle by ‘n Christelike groep inskakel,” sê Mahne.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>[email protected]