full screen background image

Wegholbrand rig reuse skade aan

877

news22Inwoners van die Leeuwkuil-kleinhoewes, op die Percy Fyfe-pad, moes Woensdag paniekbevange en magteloos toekyk hoe ‘n brand verwoesting onder hul besittings saai. Bystanders het vergeefs probeer om die vlamme te keer en die vuur se vernietigende pad het drie huise geëis. Sylvia le Roux, wat op ‘n ander hoewe op Leeuwkuil woon en gehelp het om die vuur te bestry, het vertel dat die brand op een hoewe begin het, maar na twee ander versprei het terwyl inwoners op die brandweerdienste gewag het om op te daag. Volgens ooggetuies op die toneel behoort al drie die huise wat afgebrand het aan Presley Mukwevho, ‘n bekende plaaslike gospelsanger. Omstanders het met Polokwane Observer gepraat en bespiegel dat die brand moontlik weens brandende vullis of ‘n sigaret in die droë gras veroorsaak kon wees. Pogings om Mukwevho teen druktyd in die hande te kry was onsuksesvol.
Foto’s: Herbert Rachuene en Leandri van Schalkwyk.

news23 news24 news21