full screen background image

Twee plaasmoorde binne week in Waterberg

1424

‘n Week nadat Piet Venter op sy plaas buite Bela-Bela vermoor is, is ‘n tweede moord, die keer buite Modimolle, Vrydagmiddag aangemeld waartydens ‘n plaasbestuurder, Piet de Kock, glo in die kop geskiet is.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba is die 41-jarige De Kock omstreeks 16:00 glo deur twee gewapende verdagtes oorval. “De Kock is in die veld doodgeskiet en die motief vir die aanval is tot dusver onbekend,” sê Ledwaba.
Die polisie en die misdaadvoorkomings-organisasie, Heritage Protection Group het ‘n soektog na die verdagtes geloods, maar volgens Ledwaba is geen arrestasies nog gemaak nie.
Intussen het ses verdagtes van die moord op Venter Dinsdag weer in die Bela-Bela Landdroshof verskyn.
Die saak teen Johannes Joubert, Johan du Toit, Elizabeth Ricco, Mona Oosthuizen, John Johannesen en Reuben Miles is tot 30 November uitgestel. Die borgaansoek sal dan voortgesit word terwyl die ses in aanhouding bly, volgens Ledwaba.
Mona Oosthuizen word daarvan verdink dat sy die meesterbrein agter die moord is.
Venter het vermoedelik geslaap toe die aanvallers toegeslaan het en hom eers vasgebind en glo daarna verwurg het. Hulle het met die kluis op die vlug geslaan en staar klagte van moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in die gesig.

Storie: RC Myburgh
>>[email protected]

Foto: Plaasbestuurder, Piet de Kock is Vrydagmiddag op ‘n plaas buite Modimolle doodgeskiet.




Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *