full screen background image

Twee beamptes uit wrak gesny na ongeluk

770
Die verfrommelde diensmotor langs die pad vertel die storie van twee verkeersbeamptes se noue ontkoming Vrydagoggend. Beide beamptes moes met lewenskake uit die motor bevry word.

Die verfrommelde diensmotor langs die pad vertel die storie van twee verkeersbeamptes se noue ontkoming Vrydagoggend. Beide beamptes moes met lewenskake uit die motor bevry word.

Twee beamptes van die Polokwane Munisipaliteit se verkeersdepartement moes Vrydag met lewenskake uit hul motor bevry word nadat hulle teen ‘n Audi A3 op die N1-suid gebots het.
Volgens Westenburg polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane het die ongeluk in die vroeë oggendure plaasgevind. Hy kon nie bevestig hoe ernstig die beamptes se beserings was nie, maar het gesê dat die twee asook die bestuurder van die Audi na die naaste hospitaal geneem is. Mashiane sê dat die saak nog ondersoek word en dat hulle nie presies weet hoe die ongeluk gebeur het nie. Hy raai bestuurders aan om ten alle tye op die pad te fokus, by die verkeersreëls te hou en nie roekeloos te bestuur nie.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]