full screen background image

Skets van verdagte vrygestel

1006

‘n Skets van die man wat glo vir die aanval en beweerde verkragting van ‘n jong vrou verlede week by haar werkplek in Bendor verantwoordelik is, is op sosiale netwerke vrygestel.
Die 29-jarige slagoffer is glo vroegaand by ‘n gimnasium in Bendorrylaan oorval en verkrag waarna die verdagte met ‘n bergfiets van die toneel gevlug het.
Volgens inligting is hy in sy dertigs, fris gebou en ongeveer
1,6 m lank. Hy het geen littekens in sy gesig nie, sy kop is glad geskeer en hy praat goed Afrikaans en Engels. Polokwane polisie se kommunikasiehoof, Ntobeng Phala het gesê die skets is nie deur die polisie uitgereik nie, maar deur vriende van die slagoffer.
“Ons ondersoek steeds ‘n saak van verkragting en nog geen arrestasie is gemaak nie,” het hy gister (Woensdag) gesê.
Indien iemand inligting het kan Johan Retters by 072 116 9396 of die naaste polisiestasie geskakel word.

Storie: RC Myburgh
>>[email protected]

Hooffoto: ‘n Skets van die man wat moontlik vir die aanval en verkrag­ting van ‘n jong vrou verlede week in Bendor verantwoordelik was.