full screen background image

Rooibokke wen Akademie Reformia se bokkesport

1676

Akademie Reformia se sportterrein was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywighede toe die skool se jaarlikse bokkesport gehou is.
Die Rooibokke het die Springbokke die loef afgesteek en drie rekords is verbeter. Carmie van Greuning, o.7, Janè de Witt, o.11 en Michael van Heerden, o.11 hou nou onderskeidelik die rekords in die 600 m, gewigstoot en 100 m.

BARRY VILJOEN
>>[email protected]

Calvin Heywood moedig sy seun Jonathan, o.11, in die 1 200 m aan.

Michael van Heerden, o.11, haal uit wenpaal toe in die 1 200 m.

Lappies en Marlene Labuschagne en Daleen Coetsee sorg vir genoeg pannekoek wat met behulp van die pannekoekmasjien gebak is.

Leila Hoogendyk, o.6, neem aan die turbospies deel.

Amelie Franken, o.10, doen haar bes in die gewigstootitem.

Handru Fourie van die Beertjiespan (voorskool) neem aan die junior weergawe van die turbospies deel.