full screen background image

Rekords spat tydens vriendskaplike kragmeting

945

Atlete het Vrydag by die Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms in die stad, met Hoërskool Pietersburg (PHS) as gasheerskool, uitsonderlike prestasies gelewer.
Janus Robberts is ‘n oudleerder van PHS en was ‘n wêreldbekende gewigstootatleet. Hy het ook prysgeld van R1 000 elk aan die beste meisie- en seunsatleet geskenk.
Die byeenkoms is deur uitstekende organi-sasie, ‘n stiptelike program en talle nuwe rekords gekenmerk.
PHS se A-span met 633 punte het as die algehele wenner van die dag geëindig, Hoërskool Ben Vorster was tweede met 555 punte, gevolg deur PHS se B-span met 302 punte.
Curro Heuwelkruin het 253 punte behaal, Hoërskool Frans du Toit 214 punte, Northern Academy 147 punte, Tom Naudé 128 punte en Mitchell House College het 80 punte ingesamel.
Omdat vier van die deelnemende skole klein is, het PHS ook ? Top10-kompetisie gehou en ASA-punte van elke skool se toptien items bymekaargetel. PHS se A-span het met 9 115 punte gewen, gevolg deur Hoërskool Ben Vorster met 8 712 punte, Curro Heuwelkruin met 8 429 punte, Hoërskool Frans du Toit met 7 955 punte, Northern Academy met 7 889 punte, HTS Tom Naudé met 7 648 punte en Mitchell House College met 7 456 punte.
Die beste juniorbaanatlete is beide PHS-leerders. Marcelle de Jager het die 100 m vir meisies o.15 in 12,5 sekondes afgelê. Jan-Hendrik Weyer het die 100 m hekkies vir seuns o.14 in 14,4 sekondes kafgedraf. CJ Nel van HTS Tom Naudé is as die beste senior-
seunsbaanatleet aangewys nadat hy die 200 m vir seuns o.16 in 23,1 sekondes gehardloop het, terwyl Louise Schutte van PHS, wat die 800 m vir meisies o.17 in 2:17.0 voltooi het, as beste senior-meisiebaanatleet gekroon is.
Chantelle Wreyford is aangewys as die beste junior-meisieveldatleet en Keegan Menzies, ook van PHS, as beste junior-seunsveld-atleet nadat hy 5,45 m in die verspring vir seuns o.14 behaal het. Lizette Pretorius van Curro Heuwelkruin het met haar prestasie van 1,55 m in die verspring vir meisies o.17 die titel as beste senior-meisieveldatleet ingepalm en Emile Kruger het die titel as beste senior-seunsveldatleet verower.
Marcelle de Jager en Jan-Hendrik Weyer, beide van PHS, is as junior Victrix Ludorum- en junior Victor Ludorum-atlete aangewys, terwyl Dewald Stroebel, ook van PHS, as senior Victor Ludorum-atleet aangewys is.
Die senior Victrix Ludorum-atleet was Lara Schutte van Hoërskool Ben Vorster.

NELIE ERASMUS
>>[email protected]

IMG_0461_650x433 IMG_0459_650x433 IMG_0442_290x435 IMG_0410_290x435 IMG_0391_290x435 IMG_0357_650x433 IMG_0356_650x433