full screen background image

Polokwane vier jaarlikse Mandeladag

1160

Talle besighede, instansies en inwo-ners het Vrydag en Saterdag hul deel vir Mandeladag gedoen wat amptelik Saterdag gevier is.
Nelson Mandela se verjaardag word wêreldwyd op 18 Julie gevier en mense word aangemoedig om hierdie dag te gebruik om ‘n positiewe verskil in ander se lewens te maak. Die Nelson Mandela Stigting verduidelik dat hierdie staatsman 67 jaar van sy lewe aan die bevryding van Suid-Afrika gewy het en daarom vra hulle dat vrywilligers 67 mi-nute van hul tyd op Mandeladag sal gebruik om ander te help.
Limpopo se premier, Stan Mathabatha, het Saterdag Zebediela en Mogalakwena besoek en verskeie projekte van stapel gestuur.
In Zebediela het hy en sy span die huise van twee eisers van die padongelukkefonds opgeknap. Daarna het hy by die Bambanani Ouetehuis groente geplant en sy alma mater, Nontshimudi Higher Primary School, se skoolterrein help opruim en waterpype laat herstel.
Die DA se provinsiale leier, Jacques Smalle, het sy deel vir Mandela gedoen deur komber-se en kosskenkings by ‘n instapsentrum uit te deel.
Verskeie inwoners in Seshego het hul harte teenoor die jong pasiënte van die Tough Living with Cancer (TLC)-saal van die Polokwane Provinsiale Hospitaal oopgemaak ter viering van hierdie dag. Bolivia Lodge het ‘n partytjie vir die kankerpasiënte se ma’s aangebied, terwyl Coca-Cola Fortune by die saal besoek afgelê het en ‘n kolwyntjie, ‘n bottel koeldrank en ‘n warm mussie aan elke vegtertjie gegee het.
Die 15-jarige Christene Grobler het ook haar 67 minute by die TLC-saal deurgebring en lekkergoedpakkies saamgeneem.
Die Limpopo Blou Bulle Senior Vroue Internasionale Provinsiale Liga (IPL)-span het hulle met skyfies, lekkers en koeldrank bederf.
By Eeufeeshuis is dagbesoekers en inwo-
ners met ‘n partytjie bederf, waar daar gedans en saam gekuier is. Die partytjiegangers het elkeen ‘n kolwyntjie versier en heerlik na die tyd daaraan gesmul.
Die Polokwane Muslim Trust Welfare Fund het in samewerking met Bariq Al Amal 69 pare skoene aan die provinsiale polisie se korporatiewe kommunikasie-afdeling geskenk wat die polisie later aan minderbevoorregtes sal uitdeel.
Kinders van die Hlatlaganya Drop-in Centre het Mandela se verjaarsdag met ballonne en plakkate van bekende Madiba-aanhalings tydens die Capricorn Distrikmunisipaliteit se uitreik na die sentrum gevier.
Die Freedom Centre Pentecostal in Westenburg het die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging en ‘n bankgroep in Polokwane vir Mandeladag genader en aan die gemeenskap sop en brood asook kos en klere wat ingesamel is aan minderbevoorregtes gegee.
Die leraar van die sentrum, Godfrey Homela sê dit is wonderlik dat soveel mense uitgereik het om die inwoners te help. “Mandela het ons geleer om vir ander te gee. Ons moet so voortgaan en mense wat minderbevoorreg is, help waar ons kan,’ sê Homela.
Louise Janse, ‘n kankeroorwinnaar en stigter van I Can Fight, wat kankeroorwinnaars ondersteun, het vir die spesiale dag ‘n byeenkoms by Mike’s Kitchen vir 18 kankeroorwinnaars aangebied. Elkeen het ‘n geskenkbewys vir ‘n voetmassering van House of Asante sowel as ‘n geskenkpakkie ontvang en die dag gesellig saam geniet.
Izel Labuschagne en haar seun, Zuhan het op dié spesiale dag by Kansa Polokwane vrywilligheidwerk verrig deur meubels af te skuur.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Izel en Zuhan Labuschagne het vir 67 minu-te vrywilligheidwerk by Kansa Polokwane verrig.

Izel en Zuhan Labuschagne het vir 67 minu-te vrywilligheidwerk by Kansa Polokwane verrig.

Die Polokwane Muslim Trust Welfare Fund het in samewerking met Bariq Al Amal  69 pare skoene aan die provinsiale polisie se korporatiewe kommunikasie-afdeling geskenk. Voor is Maano Sadike, Shita Masipa and Billy Pila. Agter hulle is Yusuf Saloojee, Cassim Bham, Farida Rasool and Tasnim Shaik.

Foto’s: Redaksie/Verskaf Jong pasiënte van die Tough Living with Cancer (TLC)-saal van die Polokwane Provinsiale Hospitaal, Karabo Mahloko, Dineo Mamayo en Kobela Ledwaba vier Mandeladag.

Foto’s: Redaksie/Verskaf
Jong pasiënte van die Tough Living with Cancer (TLC)-saal van die Polokwane Provinsiale Hospitaal, Karabo Mahloko, Dineo Mamayo en Kobela Ledwaba vier Mandeladag.

Ruygbyspelers en bestuurders van die Limpopo Blou Bulle Senior Vroue (IPL)-span saam met kinders van die TLC-Saal.

Ruygbyspelers en bestuurders van die Limpopo Blou Bulle Senior Vroue (IPL)-span saam met kinders van die TLC-Saal.

Mulalo Nsingo en Piet Gare van die TLC-saal met lekkergoedpak-kies.

Mulalo Nsingo en Piet Gare van die TLC-saal met lekkergoedpak-kies.

Nefies, Edward en Emile Snyman by ‘n soppot tydens ‘n sopkombuis by die Freedom Centre Pentecostal.

Nefies, Edward en Emile Snyman by ‘n soppot tydens ‘n sopkombuis by die Freedom Centre Pentecostal.

Chanten du Plessis met klere wat aan inwoners by die Freedom Centre Pentecostal in Westenburg uitgedeel is.

Chanten du Plessis met klere wat aan inwoners by die Freedom Centre Pentecostal in Westenburg uitgedeel is.

Cinderella Naudé, werknemer van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) se kombuis help ‘n inwoner van Eeufeeshuis, Stephan Boshoff om ‘n kolwyntjie te versier.

Cinderella Naudé, werknemer van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) se kombuis help ‘n inwoner van Eeufeeshuis, Stephan Boshoff om ‘n kolwyntjie te versier.

IMG_0205_650x433

Foto’s: Redaksiespan/verskaf Demokratiese Alliansie (DA) provinsiale leier, Jacques Smalle en personneellede van ‘n plaaslike ambulansdiens saam met ‘n kind van ‘n instapsentrum in Seshego.

Foto’s: Redaksiespan/verskaf
Demokratiese Alliansie (DA) provinsiale leier, Jacques Smalle en personneellede van ‘n plaaslike ambulansdiens saam met ‘n kind van ‘n instapsentrum in Seshego.