full screen background image

Polokwane Parkrun in pienk vir solidariteit teen kanker

458

Gereelde deelnemers aan die Polokwane Parkrun het dié byeenkoms Saterdag met hul uitrustings pienk geverf ter viering van borskankermaand.
Parkrun-entoesiaste het pienk gedra om familie en vriende wat aan dié gevreesde siekte ly of daaraan oorlede is, te eer.
Elke Saterdag om 08:00 neem meer as ‘n honderd deelnemers in die park oorkant Hoër Tegniese Skool Tom Naudé deel aan die 2,5- of 5 km wat hul draf of stap.
Organiseerder en lid van die Polokwane Atletiekklub (PAC), Felicilty Robberts het deelnemers bedank vir hul ondersteuning en die toenemende deelnamegetal sedert die ontstaan van die gewilde byeenkoms vir oud en jonk in April.
Statistiek toon dat ‘n gemiddeld van 156 atlete van 26 klubs regoor die provinsie elke Saterdag aan die Parkrun deelneem.
Die totale hardlooptyd wat sedert April afgelê is, is 118 dae, 15 uur, 29 minute en 27 sekondes met ‘n afstand van 21 095 km.
Die meeste atlete wat op ‘n Saterdag deelgeneem het, is 253 met Louise Schutte (19:35) en Pelly Lamola (16:56) wat onderskeidelik die 5 km-rekord vir vrouens en mans hou.
Vir registrasie en meer inligting kan www.parkrun.co.za besoek word. Die Parkrun begin elke Saterdag om 08:00.

RC Myburgh
>>[email protected]