full screen background image

PJ Jacobusen fokus op uitstekende kliëntediens

1169

Die verkoopsbestuurder van McCarthy Pre-Owned, PJ Jacobusen, glo dat die sakebeginsels van enige besigheid, met uitstekende kliëntediens bo aan die lys, dieselfde bly.
Jacobusen is ‘n ou hand in die besigheidswêreld wat vir 15 jaar ‘n bakkery suksesvol bestuur het, maar sê: “Dit was tyd vir ‘n ander uitdaging. Voordat ek die bakkery begin het, was ek deel van die McCarthy-groep se finansiële afdeling as areabestuurder. Ek ken die motorbedryf en kan nie wag om weer ‘n verskil te probeer maak nie.”
Hy sê enige besigheid wil ‘n wins maak en dit is slegs moontlik deur jou kliënte te laat voel dat hulle die beste diens ontvang.
“Die motorbedryf is nie aldag maanskyn en rose nie, maar met ‘n gemotiveerde span wat op daarop gefokus is om kliënte gelukkig te hou, is geen uitdaging te groot nie.”
Jacobusen sê hy weet dat dit nie altyd maklik is om die verhouding tussen voorraad en die kliëntebehoeftes te balanseer nie. “Jy moet die regte motors op die vloer hê om almal se belangstelling te prikkel. Verder is dit belangrik om te weet watter tipe voertuie jou kliëntebasis wil koop en te sorg dat die voertuie beskikbaar is.”
Hy glo en vertrou sy verkoopspan het dieselfde missie as hy. “Om die span gemotiveerd te hou, luister ek na elkeen se probleme en behoeftes. ‘n Goeie bestuurder luister na sy personeel. Al werk elkeen vir homself, bly ons steeds ‘n span, maar jy moet ekstra aandag aan elke individu gee. Opleiding is ook belangrik. Dit gee ‘n verkoops-persoon selfvertroue as hy die produkte op die vloer ken. Terselfdertyd is ‘n kliënt ook meer gemaklik as hy kan sien dat personeel opgelei en ingelig is,” sê Jocobusen. Hoe meer jy van jou produk weet, hoe meer verkoop jy, meen hy.
McCarthy Pre-Owned het tans ‘n promosie op die gewilde Volkswagen Polo. Dié motors is van die land se topverkopers juis omdat die handelsmerk kwaliteit waarborg terwyl die bestuurder goeie voertuigprestasie en uitstekende brandstofverbruik kan verwag.
“Met die Winter Warmer Special op die Polo’s kan ons kliënte verseker dat die voertuie in ‘n puik toestand is met ‘n lae kilometer-
lesing. Hier is ‘n groot verskeidenheid Polo’s, van 1,4 en 1,6, in verskillende kleure beskikbaar.”
Vir meer inligting kan www.mccarthypreowned.co.za of www.callacar.co.za besoek word. Indien kliënte ‘n voertuig op die web-werf sien wat by ‘n ander tak beskikbaar is, kan die voertuig hierheen gebring word en die transaksie plaaslik afgehandel word, verduidelik Jacobusen.
Besoek McCarthy Pre-Owned by Thabo Mbekistraat 12 of skakel hulle by 015 291 1726.

RC Myburgh
>>[email protected]