full screen background image

Pietersburg Laerskool wys leiers aan

3036

Pietersburg Laerskool het onlangs hul leiers vir 2016 aangewys. Die leerders sal nou reeds sekere pligte by hul voorgangers oorneem terwyl hulle touwys gemaak word.
Cor Muller en Louise du Preez is as hoofseun en -meisie aangewys, terwyl Marco Pratt, Tiaan van den Heever en Kerneels Koertze as onderhoofseuns aangewys is.
Die onderhoofmeisies is Kayla Pratt, Simone Pratt en Melinda Stouman.

BARRY VILJOEN
>>[email protected]