full screen background image

Osieteddies se week lange lentepret

1220

Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters het verlede Vrydag as deel van hul lentefees soos lentefeetjies en tuinkabouters aangetrek.
Die kleuters was Donderdag nie bang om hulle hande vuil te maak toe hulle die skoolterrein met kleurvolle blomme wat hulle self geplant het, opgehelder het nie.
Elkeen het die geleentheid gekry om ‘n blommetjie saam met ‘n onderwyser te plant en jaar na jaar geniet die jongspan elke oomblik van hierdie lekkerte in die tuin.
Nadat die groen vingers klaar geplant het, het hulle die blomme natgegooi en verklaar dat dit die beste manier is om die lenteseisoen te verwelkom.
Hulle was ook baie ingenome omdat hulle kon help om hul skool se terrein mooi kleurvol op te tooi.
Vrydag het byna elke meisie ‘n paar vlerke op haar rug en ‘n towerstaffie in die hand gehad terwyl die seuns gepunte skoene en die kenmerkende dwerghoedjies aangehad het.
Die Teddies se gesigte het gestraal van opwinding terwyl hulle met hul oulike uitrustings gespog het.

RC Myburgh
>>[email protected]
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Kenmerkend van dwergies is ‘n boepie en ‘n punthoed. Waldo Beeslaar en Marco Nel geniet die sonnige lenteweer.

Kenmerkend van dwergies is ‘n boepie en ‘n punthoed. Waldo Beeslaar en Marco Nel geniet die sonnige lenteweer.

Alexander Steyn is met ‘n graaf gewapen en gereed om baie bome vir lente te plant. Regardt Senekal is saam met hom.

Alexander Steyn is met ‘n graaf gewapen en gereed om baie bome vir lente te plant. Regardt Senekal is saam met hom.

Foto’s: RC Myburgh  Lentefeetjie, Surika Dierks van Osieteddies verwelkom die lente.

Foto’s: RC Myburgh
Lentefeetjie, Surika Dierks van Osieteddies verwelkom die lente.

Die tuinkabouter, Nicolas du Toit geniet die klimleer.

Die tuinkabouter, Nicolas du Toit geniet die klimleer.