full screen background image

Oosskool se mooistes maak draai in Parys

1914

Die tema was ‘French Toast’ en die atmosfeer van die Franse hoofstad is perfek vasgevang tydens die Mnr en Mej Oosskool-finaal wat onlangs in die skoolsaal aangebied is.
Die gewilde kompetisie vir graad 7-leerders het vir ‘n aand vol humor met ‘n tikkie glansryke elegansie vir afronding gesorg.
Die finaliste het eers in informele drag op die loopplank verskyn en geleentheid gekry om hul kreatiwiteit en eie inisiatief met
sang-, dans-, en drama-items te vertoon.
Net soos die gebruik met bekende brûe in Frankryk is waar verliefdes ‘n slot iewers op die brug vassluit en dan die sleutel weggooi, het finaliste dit ook met ‘n brug wat vir die aand gebou is, gedoen om die Franse tema uit te beeld.
Finaliste, in formele drag uitgevat, het laastens meer oor hul liefdadigheidsprojekte met behulp van skyfie­vertonings met die gehoor en beoordelaars gedeel. Elkeen moes ook ‘n vraag van die beoordelaars beantwoord.
Die gehoor het duidelik met die beoordelaars se keuse saamgestem toe Benhard Cronjé en Corina Stears as Mnr en Mej Oosskool 2015 aangewys is.
Tiaan Enslin en Milla Kamfer is as eersteprins en -prinses gekroon en Gerhard Maré en Constance Venter het as tweedeprins en -prinses uit die stryd getree.
Die wenners van die Osies Got Talent-kompetisie wat onlangs by die skool aangebied is, het vir vermaak gesorg en ‘n paar onderwysers het ook ‘n spesiale dans saam met die finaliste uitgevoer.
Organiseerders, Michelle van der Westhuizen en Sasha-Lee Willemse sê die kompetisie groei jaarliks en die opbrengs van die aand word vir die wenners se liefdadigheidsprojek aangewend.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Tweede prins, Gerhard Maré het die gehoor laat skaterlag met sy opvoering.

Tweede prins, Gerhard Maré het die gehoor laat skaterlag met sy opvoering.

Annerli Roos en Braam van den Heever met die slot wat hulle vasgesluit het.

Annerli Roos en Braam van den Heever met die slot wat hulle vasgesluit het.

Die trotse naaswenners is Gerhard Maré, tweedeprins, Tiaan Enslin en Milla Kamfer, eersteprins en -prinses en  Constance Venter, tweedeprinses.

Die trotse naaswenners is Gerhard Maré, tweedeprins, Tiaan Enslin en Milla Kamfer, eersteprins en -prinses en Constance Venter, tweedeprinses.

Organiseerders van Mnr en Mej Oosskool, Michelle van der Westhuizen en Sasha-Lee Willemse (middel) saam met beoordelaars, Glenn Groenewald, Paul Vorster, Lenize Potgieter en Gideon Pelzer (skoolhoof).

Mej en Mnr Oosskool, Corina Stears en Benhard Cronjé vermaak die gehoor

Mej en Mnr Oosskool, Corina Stears en Benhard Cronjé vermaak die gehoor

Wian Haas­- broek op die verhoog.

Wian Haas­-
broek op die verhoog.