full screen background image

Noordelikes Rugbyklub se reünie bring ou vriende bymekaar

591

Lede en oudlede van Noordelikes Rugbyklub het onlangs by die klubvelde in Ladanna bymekaargekom om die klub se 50ste bestaansjaar te vier.
Die verrigtinge het verlede Vrydag met ‘n gholfdag afgeskop en nuwe vriendskapsbande is op die gholfbaan gesmee, terwyl ou bande versterk is.
Saterdag het gaste verversings en ‘n braai saam met hul gesinne en vriende geniet. Daar was selfs ‘n geleentheid vir ‘n informele rugbywedstryd tussen die ‘Oumanne’, voormalige spelers, en ‘Jongmanne’, huidige spelers.
‘n Spesiale T-hemp om die geleentheid te herdenk, was te koop.
Verskeie pogings om kommentaar van Mos van der Westhuizen, klubvoorsitter te kry, was teen druktyd nog vrugteloos.

BARRY VILJOEN
>>[email protected]

Foto’s: Barry Viljoen At Villoen slaan af op die eerste bof.

Foto’s: Barry Viljoen
At Villoen slaan af op die eerste bof.

DSC_0021_650x433