full screen background image

Limpopo skolefietsry­liga goed op dreef

2222

Die tweede Limpopo Debtsafe Skolebergfiets­rybyeenkoms, ook bekend as die Tour de Lake, het Saterdag by Stanford Lake College plaasgevind en is baie goed ondersteun.
Volgens Johan van Dijkhorst, hoof van die Limpopo Skolefietsryliga, is die kompetisie nou behoorlik op dreef en die mededinging straf.
Die Cross Country Olympics (XCO)-baan is deur Tiaan Fullard, leerkrag van Stanford Lake College en sy span uitgelê en was vol uitdagings. ‘n Ekstra kinkel in die kabel vir deelnemers in die subjunior en hoër kategorie, was ‘n trajek waartydens hulle teen ‘n stel trappe moes afry. Die dag was aksiebelaai en het die toeskouers se aandag heeltyd vasgevang.
“Limpopo Skolefietsryliga groei tans geweldig en is ‘n gewilde sportsoort. Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool), Marné Ebersohn Akademie, PEPPS Polokwane Preparatory School and College en Hoërskool Pietersburg het die stad se naam hoog gehou,” sê Annelize Ziehl-Owens, Oosskool se ouerverteenwoordiger van Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC).
In die Nipper meisiesafdeling (o.10) was Lilian Baber van Waterberg Academy eerste, Amélie Owens (tweede) en Marili Nel (derde), albei van Oosskool.
In die Nipper seunsafdeling (o.10) was Henry Owens van Oosskool eerste, gevolg deur Josua Retief van Laerskool Duiwelskloof en Anthony Clayton van PEPPS Polokwane Preparatory School and College in die derde plek.
JC Logtenberg van Oosskool was die wenner in die Sprog seunsafdeling (o.12), met Joshua Baber van Waterberg Academy tweede en Ruben Middelton van Unicorn Prepatory derde.
In die juniormeisies-afdeling het Annelize Mentz van PHS ‘n eerste plek verower. In die subjunior-afdeling (o.14) het Simoné Nel van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) ‘n vierde plek verower.
Die byeenkoms is deel van die Spur Nasionale Skolebergfietsliga.
Die derde ligabyeenkoms, die Tour de Pot vind op 5 September in Mokopane plaas.

ELNA ESTERHUYSEN
>>[email protected]

In die middel is die wenner van die Nipper meisieskategorie, Lilian Baber van Waterberg Academy, links is die naaswenner van Laerskool Pietersburg-Oos, Amélie Owens en regs is Marili Nel, ook van Oosskool. Agter is Jannie Meyer van DebtSafe.

Annelize Mentz (middel) van Hoërskool Pietersburg is die wenner in die juniormeisies-afdeling. Links is Sarah Pogrund, naaswenner van Stanford Lake College en regs is Michelle Stevens van Hoërskool Merensky.

Joshua Baber van Waterberg Academy was tweede oor die wenstreep in die Sprog seunskategorie, JC Logtenberg, eerste en Ruben Middleton van Unicorn Prepatory in die derde plek.

Joshua Baber van Waterberg Academy was tweede oor die wenstreep in die Sprog seunskategorie, JC Logtenberg, eerste en Ruben Middleton van Unicorn Prepatory in die derde plek.

In die Nipper seunsafdeling (o.10) is Henry Owens (middel) van Laerskool Pietersburg-Oos eerste oor die wenstreep. Anthony Clayton (links) van PEPPS Polokwane Preparatory School and College is derde en Joshua Retief van Laerskool Duiwelskloof is tweede.