full screen background image

Lim Rooivleis Produsente Organisasie hou kongres, kies bestuur

669

Die Limpopo Rooivleis Produ-sente Organisasie (LIMRPO) het verlede Dinsdag ‘n jaarkongres in Mokopane gehou waartydens die bestuur vir 2015/16 verkies is.
Die nuwe voorsitter is Henk Visser, visevoorsitter Marinus van Dyk, met addisionele dagbestuurslede Bertus van Heerden en Japie Ellis. Wilma Prinsloo is die bedryfsbestuurder.
Visser het gesê dat die afgelope jaar ‘n beter jaar as die voriges was.
“Die reënval het heelwat gewissel deur die provinsie. Veral in die westelike distrikte en in dele van die laeveld is weiding baie min. Boere sal voervloeibeplanning moet doen, veral omdat die weerkundiges reeds gewaarsku het dat ons ‘n droër klimaatsiklus betree.”
Volgens hom het die Na-sionale Rooivleisprodusente-organisasie (NRPO) druk op die owerheid uitgeoefen om invoerbeheer op lewende ha-we vanaf buurlande volgens toepaslike wetlike maatreëls toe te pas.
“Dit is uiters belangrik dat Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status beskerm moet word,” het hy gesê.
Visser het aangekondig dat die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum ‘n veediefstalvoorkomingshand­leiding opgestel het, wat die produsent met noodsaaklike inligting bemagtig. Die provinsiale veediefstalvoorkomingsforum is ook weer aktief.
‘n Spesiale toekenning is tydens die kongres aan Marius van Tonder, eienaar van Vleislapa Marshallstraat, gemaak.

Storie: BARRY VILJOEN
>>[email protected]