full screen background image

Lim Blou Bulle louwarm teen Pumas

763

RC Myburgh
>>[email protected]

Rugbyliefhebbers het Saterdag op BB Truck Noordelikes se veld saamgekom om die Limpopo Assupol o.19- en o.21-Blou Bulle-spanne tydens hul Absa Curriebeker kragmeting teen die Pumas te ondersteun.
Die o.19-span het goed begin met Dane Kotze wat in die 11de minuut ‘n strafskop tussen die pale deurgestuur het, gevolg deur Christiaan Wessels wat in die 25ste minuut agter die doellyn gaan kuier het.
Die Pumas het ook punte bymekaar gemaak en die halftydtelling op 8-13 in die Pumas se guns gebring. Na ‘n naelbyt tweede helfte het die Pumas met 27-21 geseëvier.
Kotze het met een doel- en drie strafskoppe geslaag en die Bulle is ‘n strafdrie toegeken.
Die o.21-span het ook ‘n belowende begin gehad met Tian Nel wat twee strafskoppe binne die eerste tien minute deur die pale gejaag het. Die Pumas het twee keer drieë gedruk, wat die halftydtelling op 9-14 te staan gebring het.
Drie minute voor die eindfluitjie het Gabriel Sipapate oor die doellyn geduik. Sy vyf punte en Nel se vier strafskoppe was egter nie genoeg om die Pumas in te haal nie en die eindtelling is op 17-33 beslis.
Die Blou Bulle speel Saterdag by die nuwe Peter Mokaba Stadion teen die Valke. Die o.19-span se wedstryd begin om 13:00, terwyl die o.21-span om 15:00 afskop.

Die Blou Bulle se o.19-spankaptein, Francois Naudé trek ‘n Puma plat.

Die Blou Bulle se o.19-spankaptein, Francois Naudé trek ‘n Puma plat.

Tyler Brown van die Blou Bulle se o.19-span probeer deur sy opponente se verdediging breek.

Tyler Brown van die Blou Bulle se o.19-span probeer deur sy opponente se verdediging breek.