full screen background image

Leerderkuns pryk op nasionale kalender

868

Drie leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se kunswerke pryk in ‘n kalender wat landswyd versprei word.
Die kunstenaars het hierdie eer te beurt geval nadat hulle verlede jaar vir ‘n nasio­nale kunskalenderkompetisie wat deur Pick n Pay geloods is, ingeskryf het. Die tema van die kompetisie was ‘My beste vriend’.
Leo-Anne Horak het die eersteprys en R3 000 in die ouderdomsgroep agt tot nege jaar gewen, terwyl Leonell Horak as wenner van die eersteprys in die ouderdomsgroep tien tot 11 jaar weggestap het. Leonell het ook R3 000 gewen.
Lerize van Rhyn het die derdeprys en R500 in die ouderdomsgroep vir agt- tot negejariges ingepalm.
Die drie was die enigste leerders van Oosskool wat ingeskryf het en hulle het teen leerders van skole soos Laerskool Eben Swemmer, La Montagne Primary en Irene Middle School in Pretoria deelgeneem.
André du Plessis, winkelbestuurder van Pick n Pay Mall of the North wat die kalenders aan die leerders oorhandig het, sê dat hulle op ‘n deurlopende basis by die aktiwiteite van die skool betrokke is en baie trots op die prestasies uit eie bodem is.

BARRY VILJOEN
>>[email protected]