full screen background image

Laerskool vier 44ste verjaarsdag

970

Groen, oranje en wit kolwyntjies het leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se monde tydens die skool se 44ste verjaardagvieringe verlede Dinsdag laat water.
Gideon Pelzer, skoolhoof sê dat Oosskool se deure op 12 Januarie 1972 vir leerders geopen het en dat die skool deur die jare vele tradisies bygekry het. Die een tradisie wat vasstaan, is dat die skool se verjaarsdag elke jaar met koek gevier word. Die skool se snoepiepersoneel het seker gemaak dat elke leerder en personeellid ‘n kolwyntjie kry.
“Ons hoop dat ons nog vele verjaarsdae sal vier. Die skool se norme, waardes en tradisies sal voortleef en ek sien na ‘n opwindende jaar propvol aktiwiteite uit.”
Die skool se gewilde Kalanderfees, waar ‘n pretpark vir ‘n week by die skool staanplek kry, sal vanjaar weer plaasvind. Die afgelope drie jaar is daar kwartaalliks ‘n speletjiesdag in stede van die fees gehou.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]