full screen background image

Laatkommers ook welkom by 4×4-dag

450

Belangstellendes en veral laatslapers kan nog vir Saterdag se Limpopo 4×4 Klub se pretdag op die Siliconpad inskryf.
Martin Groenewald, organiseer­der sê registrasie is tot Saterdag net voor die aksie om 12:00 oop en mense kan steeds deelneem.
Die dag beloof om groot opwin­ding vir deelnemers sowel as toe­skouers te verskaf.
“Dit is die ideale geleentheid vir die meer ervare bestuurders sowel as amateurs om hul voertuie se vermoëns en hul eie bestuursvernuf te toets. Dit is ‘n middag-aand-byeenkoms en die laaste uitdagings behoort teen 20:00 afgehandel te wees,” sê Groenewald.
Inskrywings is R150 per voertuig, terwyl toeskouers teen R20 per volwassene en R10 per kind ouer as 12 jaar kan deel in die pret. Kinders onder 12 jaar sal gratis toegang kry.
Daar is drie klasse waarin deelnemers hul staal kan wys. Die standaardklas is ideaal vir beginners of vir diegene wat wil wys waartoe hul in die standaard-4×4-klas in staat is.
Die gemodifiseerde- en supergemodifiseerde-klasse is vir die meer ervare en ernstige 4×4-entoesiaste.
Bestuurders sal op verskeie aspekte van 4×4-bedrewendheid beoordeel word om die eerste drie plekke in elke kategorie te bepaal.
Skakel Groenewald by 084 997 8880 of Leatitia Groenewald by 081 466 6296 vir meer inligting.

RC Myburgh
>>[email protected]