full screen background image

Kraaines leer meer oor plaaslewe

1424

Om jou juffrou soos ‘n wafferse plaas­boer in die beeskraal te sien staan terwyl sy verduidelik waar melk vandaan kom en hoe goed dit vir jou is, is ‘n ervaring wat enige kleuter se hele week kan opkikker.
Verlede Woensdag het die kleingoed van Kraaines Kleuterskool se onderwyser, Nadia Grobler pens en pootjies tot groot vermaak van haar leerders tydens die skool se uitstappie na die Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg in die kraal geklim.
Elke kleuter kon ook ‘n glas vars plaasmelk geniet.
Die hoogtepunte van die uitstappie het vir die kleuters aangebreek toe hulle van die diere kon voer en agterop ‘n sleepwa en trekker gery het.
Grobler het verduidelik dat die skool se lesplan die afgelope weke oor plaasdiere en suiwelprodukte gehandel het.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Tikfah Mahlaola voel tuis agter ‘n trekker se stuurwiel.

Tikfah Mahlaola voel tuis agter ‘n trekker se stuurwiel.

Rorisang Makgato en leerkrag, Simoné Botha bekyk ‘n skilpad.

Rorisang Makgato en leerkrag, Simoné Botha bekyk ‘n skilpad.

Sadé Patricio, assistent van Kraaines Kleuterskool, en Keratilwe Ramalana beskou ‘n perd van nader.

Sadé Patricio, assistent van Kraaines Kleuterskool, en Keratilwe Ramalana beskou ‘n perd van nader.

PJ Moketla vryf ‘n boklam. Saam met hom is Santos Mazviro van die Plaaswerf.

PJ Moketla vryf ‘n boklam. Saam met hom is Santos Mazviro van die Plaaswerf.

Annelize Jansen van Vuu­ren kon nie wag om aan die plaasdiere te vat nie.

Annelize Jansen van Vuu­ren kon nie wag om aan die plaasdiere te
vat nie.