full screen background image
Ensemble Esprit onder leiding van Jannie Becker open die Messiasfees.

Ensemble Esprit bekoor met Messiasfees

1180

Bekende kamerkoor van die stad, Ensemble Esprit het Saterdagaand ‘n Messiasfees met koor en klassieke gunstelinge in samewerking met Cantamus Corde van Pretoria by die Hervormde Kerk Welgelegen aangebied.
Die hoogtepunt van die program was uittreksels uit Georg Friedrich Händel se oratorium Messias, wat ‘Halleluja’ en “For unto us a child is born’ ingesluit het.
Ensemble Esprit onder leiding van Jannie Becker het die gehoor bekoor met onder andere Groter Liefde, Neem my in beskerming en ‘Jamaican Marketwoman’, terwyl Cantamus Corde se repertorium ‘Ave Verum’ en ‘And the mother did weep’ ingesluit het.
Renchia Grobbelaar het twee orrelsolo’s uitgevoer en besoekende sopraan Renette Bouwer, begelei deur Petru Gräbe, het applous uitgelok met haar sang.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>[email protected]

Cantamus Corde van Pretoria onder leiding van Surette Prinsloo tree by die Messiasfees op.