full screen background image

Drie spring dood vry na motor twee keer rol

1160

Nireshni Nagappen en haar twee dogters, Levania en Shriya, het Sondag ‘n noue ontkoming gehad toe Nagappen beheer oor haar Nissan GT-R, waarmee hulle in Munniklaan in Mall of The North se rigting onderweg was, verloor het.
Nagappen vertel dat die motor ‘n slaggat getref het en toe na die linkerkant gegly het. Sy vermoed dat sy ‘n randsteen getref het wat veroorsaak het dat die motor gerol het en dat ‘n hewige reënbui wat kort tevore uitgesak het ook ‘n rol gespeel het.
Die voertuig het volgens ooggetuies wat die gebeure aanskou het, twee keer gerol.
Nagappen vertel dat hulle na die Netcare Pholoso Hospitaal toe gehaas is en dat slegs haar jongste dogter, Shriya geringe bese-rings aan haar kop opgedoen het. Sy is uit die voertuig geslinger waarna sy in ‘n sloot langs die pad beland het. Nagappen vertel dat ‘n padwerker op die toneel nie gehuiwer het om in die diep sloot te spring om haar dogter te help nie.
Sy sê dat dit vir haar ‘n emosionele erva-ring was om die foto’s van haar voertuig, wat na die ongeluk op sosiale media versprei is, te sien. Sy het besef hoe dankbaar sy en haar gesin was om ‘n tweede kans op lewe te kry.
Sy bedank familielede en vriende wat hulle bygestaan het asook omstanders en veral die padwerker wat haar dogter gehelp het.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Foto: Die Nissan GT-R wat volgens ooggetuies twee keer gerol het.