full screen background image

Drie motors in kettingbotsing by padwerke

566

Drie motors wat onderweg was na Polokwane op die N1-suid se be­stuurders en passasiers het Maandag ‘n noue ontkoming gehad.
Die voertuie het by padwerke op die N1 net noord van Polokwane in ‘n kettingbotsing betrokke geraak.
Volgens ‘n ooggetuie op die toneel is die drie motors, wat in ‘n suidelike rigting op pad was, deur padwerkers gestop om voertuie wat in ‘n noordelike rigting op pad was kans te gee om te ry aangesien die padwerke die dubbelbaanpad tydelik in ‘n enkelbaan omskep het.
“Die bestuurder van ‘n Volks­wagen Polo het eerste by die padwerke gestop, gevolg deur ‘n Opel Corsa bakkie. ‘n Aankomende bakkie het teen die twee voertuie gebots en die Opel Corsa bakkie het weens die impak getol en tussen die twee ander voertuie tot stilstand gekom,” het die ooggetuie verduidelik.
Geen ernstige beserings is tydens die botsing opgedoen nie. Die bestuurder van die Opel Corsa bakkie is wel vir waarneming na die naaste hospitaal geneem.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>[email protected]

Foto’s: Die drie motors wat in ‘n kettingbotsing betrokke was.

news8 news9 news10