full screen background image

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet

2687

AfriForum se Pietersburg-tak het die stryd teen die verspreiding van Covid-19 voortgesit toe Pietersburg Laerskool (Suidskool) verlede Donderdag met ongeveer 200 liter ontsmettingsmiddel bespuit is, terwyl Laerskool Ivypark Saterdag aan die beurt gekom het. Dit volg nadat Laerskool Pietersburg-Oos en Laerskool Krugerpark in Mokopane twee weke gelede ontsmet is.
Volgens Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder in Limpopo, beoog die instansie om vandeesweek twee addisionele spuite aan te koop om die ontsmettingsprojek te bespoedig en beplan om die projek voort te sit wanneer die skole weer heropen, deur een keer per week sensitiewe omgewings soos die badkamers te ontsmet.
“Dankie aan al die skole wat ons om hulp nader. Die tak help graag om die veiligheid van leerders en personeel te verseker,” sê Marius Fourie, voorsitter van AfriForum se Pietersburg-tak.
“Ons wil elke persoon bedank wat tot dusver aangebied het om te kom help. Julle maak dit vir ons moontlik om Covid-19 te help bestry,” sê Lylani Seitz, sekretaris van die tak.
Seitz nooi lede van die publiek uit om by AfriForum se Pietersburg-tak betrokke te raak en deel te word van die oplossing. “SMS jou naam na 45340 en SMS’e kos slegs R1,” sê Seitz.

Storie: BARRY VILJOEN
>>[email protected]