full screen background image

Aces buig knie teen Seshego

397

Met die klubkrieketseisoen wat verlede naweek begin het, is plaaslike klubs hard besig om hul pad op die punteleer oop te veg.
Die Seshego Krieketklub het Sondag op Curro Heuwelkruin se veld teen Aces Krieketklub te staan gekom en die wedstryd met een paaltjie gewen wat in tydtoetsformaat gespeel is.
Volgens Aces se paaltjie-wagter, Stebian van der Walt is tydkrieket soos ‘n vyfdagtoets wat in een dag gespeel word. “In tydkrieket word daar met ‘n maksimum van 120 beurte gespeel en die laaste uur van die spel begin om 16:30,” verduidelik hy.
“Aces het eerste gekolf en 205 lopies vir die verlies van nege paaltjies aangeteken. Seshego het die telling probeer inhaal, maar kon slegs tot by 91 kom voordat al hul paaltjies gekantel het,” sê Van der Walt.
Aces se ses beste kolwers het toe weer ‘n beurt gekry om hul paaltjies te beskerm. Met ‘n voorsprong van 114 teken Aces slegs 147 lopies aan met hul ses kolwers.
Seshego was gretig om daarop te antwoord en het Aces se puntetelling met een paaltjie staande ingehaal.

RC Myburgh
>>[email protected]