full screen background image
Die groep meisies van Zanis Gymnastics Academy spog met die trofeë wat hulle tydens verlede week se prysuitdeling ontvang het.

Zanis se beste gimnaste aangewys

441

Oudergewoonte sorg Zanis Gymnastics Academy jaarliks nie net vir ‘n spoggerige prysuitdeling nie, maar ook ‘n asemrowende vertoning van dit waartoe hul gimnaste in staat is.
Die klub het verlede Donderdag en Vrydag hul prysuitdeling gehou waartydens ritmiese-, artistiese- en trampoliengimnaste vir hul prestasies vereer is.
Gimnaste is ook die geleentheid gebied om hul ouers te wys wat hulle gedurende die jaar bemeester het.
Artisties meisies
Nikole Markos, beste vordering vlak 1
Leila Hoogenboezem, beste vlak 1-gimnas (Zanis Vivo)
Deané Fuchs en Elandri Steenkamp (Zanis Vivo), beste vlak 1-gimnaste tydens North Zone
Anuska Deyzel, beste vlak 2-gimnas tydens North Zone
Sanja Pretorius, beste prestasie op vlak 4 tot 6 tydens nasionale Gym Games
Artisties seuns
Rohan Bernardi, beste vlak 1-gimnas tydens North Zone
Rijandré de Bruin, beste vlak 1-gimnas 8 tot 9 jaar
Damian Sibley en Ken de Lange (Zanis Tzaneen), beste vlak 2-gimnas tydens North Zone
Dihan van Niekerk, beste vlak 3-gimnas tydens North Zone
Kyle Herz en Kamogelo Rangoato, gevorderdste hoërskoolseuns
Xander Deyzel, hoogste apparaat punt en beste laerskoolseun tydens Gym Games
Ayden Venter, beste hoërskoolseun tydens Gym Games
Ritmies
Omphile Riba, beste vordering vlak 1
Naledi Legodi, beste vlak 2-gimnas tydens North Zone
Tiisetso Pila, beste vlak 1-gimnas, o.8, tydens North Zone
Amelie Pretorius, beste vlak 1-gimnas, o.10, tydens North Zone
Joanna Nyautore, beste vlak 2-gimnas, o.8, tydens North Zone
Faith Mosehla, beste vlak 2-gimnas, o.9, tydens North Zone
Zwivhuya Malotsha, beste vlak 2-gimnas, o.10, tydens North Zone
Tadiwa Gopo, beste vlak 2-gimnas, 11 jaar en ouer, tydens North Zone
Hané du Toit, beste vordering vlak 3
Onkgahlile Makhubedu, beste vlak 3-gimnas, o.11, tydens North Zone
Anna Mohlala, beste vlak 3-gimnas, 11 jaar en ouer, tydens North Zone
Matshepo Sekwalia en Thato Moeno, beste vlak 4 tot 7-gimnaste in Limpopo
Rotondwa Maudu, beste laerskoolgimnas op vlak 4 tot 7 tydens Gym Games
Perez Maponya, beste hoërskoolgimnas op vlak 4 tot 7 tydens Gym Games
Trampolien
Richelle Berry, beste vlak 1-gimnas mini trampolien tydens North Zone
Bronti-May Cordewener, Lyla Aucamp en Marné Coetzer (Zanis Tzaneen), beste vlak 2-gimnast tydens North Zone
Izandri Baker, beste vlak 2-gimnas mini trampolien tydens North Zone
Henk Meyer (Zanis Tzaneen), beste vlak 3-gimnas tydens North Zone
Exandré Dique en Rodriques Dique, beste vlak 3-gimnaste Euro trampolien tydens Gum Games
Wihan van Eeden (Zanis Tzaneen), beste vlak 4-gimnas Euro trampolien tydens Gym Games
Leandré du Preez, beste vlak 5-gimnas Euro trampolien tydens Gym Games

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com