full screen background image

Wiele500-hoogtepunt met wynveiling

1873
Okkie Anker ontvang ‘n ‘free wheeler’ van Hanlie Vorster, Wiele 500-trusteelid.

Okkie Anker ontvang ‘n ‘free wheeler’ van Hanlie Vorster, Wiele 500-trusteelid.

Met die hamer wat geslaan is op ‘n bod van R1 000 vir ‘n 750 ml-bottel witblits verlede Donderdagaand by Fushion Boutique Hotel, is die vuur aangesteek vir ‘n uiters suksesvolle wynveiling deur die liefda­digheidstrust, Wiele 500.
Kort voor halfpad deur die veiling het die vlamme reeds hoog gebrand met ‘n aankondiging dat die R100 000-kerf behaal is.
Twee uur later en goed bederf met voortreflike eet- en drinkgoed uit die spens en kelders van die spoghotel, was dit nie ‘n verrassing toe die opbrengs van die aand bekendgemaak is nie. Die aand het alle verwagtinge oortref, die gemeenskap van Polokwane het hul harte en beursies oopgemaak en Wiele 500 in samewerking met die NG Kerk Robertson-Oos het daarin geslaag om ‘n allemintige R350 000 in te samel.
Van die items wat die hoogste prys behaal het, sluit ‘n Van Loveren Vineyards-versameling van 62 l in. Twee vate Bon Courage Shiraz waaruit 300 bottels van 750 ml getap kan word, is elk vir R30 000 verkoop. Kopers van hierdie vate kan hul eie etiket voorsien wat die bottels uniek vir die doeleindes van ‘n geskenk maak.
Die keur van wyn vervaardig deur die voorste wynmakers uit die Wes-Kaap, die gesindheid van die gehoor teenoor die onbaatsugtige saak wat Wiele 500 dien, die teenwoordigheid van Mathys Roets as Wiele 500-ambassadeur, die span wat die veiling behartig het en die elegante omgewing en gasvryheid van Fushion Boutique Hotel het grootliks die tafel gedek vir ‘n geleentheid wat geklassifiseer kan word as een van die bestes in jare in Polokwane.
Nog ‘n hoogtepunt was die oorhandiging van ‘n tjek van R17 000 aan Bennie Erasmus, ‘n Springbok-rolstoelrugbyspeler. Okkie Anker, sy spanmaat het ‘n ‘free wheeler” ter waarde van R8 000 ontvang. Vorige funksies wat die Wiele 500-trust aangebied het, het dié sken­kings moontlik gemaak.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Nadia en Arno du Preez het fluks gebie.

Nadia en Arno du Preez het fluks gebie.

Callie en Marlene Calitz.

Callie en Marlene Calitz.

Tiny van Rensburg, bekende afslaer van die Kaap het gaste telkens laat skater met sy kwinkslae.

Tiny van Rensburg, bekende afslaer van die Kaap het gaste telkens laat skater met sy kwinkslae.

Arnold Venter is een van die trotse eienaars van ‘n vat Bon Courage Shiraz waaruit 300 bottels wyn getap gaan word met sy eie unieke etiket.

Arnold Venter is een van die trotse eienaars van ‘n vat Bon Courage Shiraz waaruit 300 bottels wyn getap gaan word met sy eie unieke etiket.

Gerhard en Annamarie Breytenbach het premiumwyn aangeskaf.

Gerhard en Annamarie Breytenbach het premiumwyn aangeskaf.

Reinhardt Weidemann het onder meer versnitbrande­wyn aangeskaf wat nie in die handel beskikbaar is nie.

Reinhardt Weidemann het onder meer versnitbrande­wyn aangeskaf wat nie in die handel beskikbaar is nie.

Michelle Engelbrecht, prinsipaal van Exclusive Properties en Wiele 500-trusteelid.

Michelle Engelbrecht, prinsipaal van Exclusive Properties en Wiele 500-trusteelid.

Almo Zietsman wys ‘n houtkis met KWV brandewyn.

Almo Zietsman wys ‘n houtkis met KWV brandewyn.

Dawie Marais (links) en Riaan van Graan geniet die spesiale funksie. In die middel is Erika Retief van Exclusive Properties.

Dawie Marais (links) en Riaan van Graan geniet die spesiale funksie. In die middel is Erika Retief van Exclusive Properties.

Christipher Calitz en Hein Viljoen met Christina van Loveren-wyn.

Christipher Calitz en Hein Viljoen met Christina van Loveren-wyn.

Angie Green van die trust, Tim van As, seremoniemeester en trustlid en Joria Alberts, ook ‘n trustlid.

Angie Green van die trust, Tim van As, seremoniemeester en trustlid en Joria Alberts, ook ‘n trustlid.

Jacqueline du Rand, Mathys Roets en Elbie de Lange.

Jacqueline du Rand, Mathys Roets en Elbie de Lange.

Marlene Brand hou bieërs goed dop.

Marlene Brand hou bieërs goed dop.