full screen background image

Wenners, adrenalien van kaskarresies

422

Geluide van tekkiesole, wiele wat aan die teer vasklou en baie aksie was kenmerkend van die jaarlikse kaskarresies wat Vrydag by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is.
Met dié geleentheid is R203 259
ingesamel. Die waarde van ge­skenk­te produkte soos boumateriaal beloop R80 042.
Die graad 10-leerders het die meeste kontant (R57 278) geïn. Die juniorklas met hoogste kon-tantbedrag ingesamel, is graad 9A (R18 906) en die topseniorklas is graad 10A (R34 416).
Graad 11A en -12A deel die eer­ste plek as seniorwenners van die resies met ‘n totaal van 79 rondes. Die graad 10A-klas is tweede met 77 rondes en graad 11E derde met 74 rondes.
In die juniorklas was graad 8A eerste, graad 9A tweede en graad 8C derde.
Die produkwaarde van die topjuniorklas is graad 8E (R10 650) terwyl die seniorklas, graad 10B, met R24 553 eerste is.
Ander pryse is graad 11A en -B met die mooiste kuipe, graad 10A met die mooiste banier, graad 11A met die mooiste kaskar en graad 11A en -E met die beste gees.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Waldo Espach, Wiehan Joubert en Johann Barnes met Derik Marx agter die stuur. Die graad 11A-leerders deel die kroon met graad 12A as wenner van die kaskarresies.

Massie Fichardt en Nikita Botha, graad 10B probeer ‘n wegholkaskar inhaal terwyl Arrie Haw die stuur vashou.

Reynhardt Victor klou aan die stuurwiel terwyl Ruan Kruger, Barend Eybers en Herman Potgieter vet gee.

Leerders tree aan vir die jaarlikse kaskarresies.

Douglas van Staden, graad 8A, hol om by die kaskar te kom terwyl Stefan Coetzee sy oë op die pad hou.

Graad 12B-bestuurder, Sydney Lawrence wys alles is nog reg terwyl Geraldine Britz vrouekrag inspan.

Graad 11C se Shanon Pinn en Dirk Jacobs span al hul kragte in. Jandré Olivier is agter die stuur.