full screen background image

Wees op uitkyk vir verdagte Golf naby skole

321

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Polokwane polisie het gister (Woensdag) bevestig dat ‘n verdagte voertuig met ‘n onbekende aantal insittendes inwoners en veral ouers wat kinders by skole in die stad oplaai, terroriseer deur by motors in te breek.
“Ons het nog geen amptelike klagte ontvang nie, maar die sektorbestuurder in Bendor is bewus van die sogenaamde goue Volkswagen Golf wat in die omgewing van Laerskool Pietersburg-Oos opgemerk is. Die polisie en gemeenskapspolisiëringsforum is op die uitkyk vir die voertuig,” sê Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba.
‘n E-pos is ook deur ‘n vermeende slagoffer aangestuur wat beweer dat daar onlangs by haar voertuig ingebreek en haar skootrekenaar en rekenaar se hardeware gesteel is.
Die bestuurder van die voertuig laai glo ander insittendes in die parkeerarea naby die skool af en ry dan om die straatblok terwyl hulle inbreek en steel. Sodra hulle hul buit het, word hulle weer opgelaai.
Die verdagtes kan glo ook verbind word met onlangse inbrake by drie motors in Capricorn High School se parkeerarea. Die voertuig is vermoedelik nie gesteel nie, maar is in ‘n persoon van Bochum se naam geregistreer.
Persone wat die Golf gewaar moet dadelik die polisie kontak. Steven Fourie kan ook by 076 840 4226 geskakel word.




Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − fourteen =