full screen background image

Vrou ontslaan ‘n dag na botsing

327

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die bestuurder van die Volvo is lig beseer toe dit deur ‘n heining gebars het.

Die bestuurder van die Volvo is lig beseer toe dit deur ‘n heining gebars het.

Marionette Jansen wat Dinsdagoggend op die hoek van Jorrison- en Ooststraat in ‘n botsing betrokke was, sou na verwagting gister (Woensdag) uit die hospitaal ontslaan word.
Haar man, Norman sê dokters was bekommerd oor van haar werwels wat beskadig is, maar ‘n skandering het getoon dat dit slegs swelling is.
“Sy het baie seer, maar ons is bly haar beserings is nie te ernstig nie,” het hy gesê.
Volgens ‘n ooggetuie het Jansen in Ooststraat in die rigting van Groblerstraat gery toe sy na bewering voor ‘n aankomende Volvo in Jorissenstraat ingery het. Die slag het haar motor laat tol en die bestuurder van die Volvo is ook lig beseer nadat dié voertuig deur ‘n heining gebars en tot stilstand gekom het.