full screen background image

Voetganger noodlottig na botsing getref

118

Die kruising op die hoek van Devenish- en Schoemanstraat was Maandagoggend vir ongeveer ‘n uur gesluit na ‘n ongeluk tussen ‘n geldwa en ‘n taxi wat tot die dood van ‘n voetganger gelei het. Volgens ‘n bron het die bestuurders van een van die twee voertuie die rooi verkeerslig verontagsaam wat die botsing veroorsaak het. Die taxi het omgeslaan en die geldwa het op die sypaadjie afgepyl waar hy na bewering ‘n voetganger getref het wat op die toneel beswyk het. Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word.

Foto: Verskaf