full screen background image
Geraldine Britz, graad 12-leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé by die blinknuwe Nissan Qashqai, die ideale Valentynsdaggeskenk vir jou geliefde. (Foto: Elna Esterhuysen)

Verf Valentynsdag rooi in die nuwe Nissan Qashqai

1175

Wanneer jy vanjaar iets buitengewoon vir Valentynsdag wil doen, is die nuwe Nissan Qashqai se gesofistikeerde en dinamiese ontwerp met al sy ekstra funksies die regte aanslag tot jou poging om jou geliefde te bederf en te beïndruk.
Met ‘n slanker bou en slimmer ontwerp, het die Qashqai nog nooit so goed gelyk nie. Nuwe hoofligte, herontwerpte allooiwiele en voorste V-Motion sierrooster laat die Qashqai elegant met ‘n sportiewe aanslag vertoon.
Die LED-ligte wat bedags skyn laat nie net die nuwe hoofligte uitstaan nie, maar laat koppe draai. Twee soorte nuwe allooiwiele is beskikbaar wat 19-duim tekkies insluit en dié voertuig se gemaklikheid op enige terrein duidelik onderstreep.
Die ruim kajuit bied genoeg spasie en beweegruimte vir vier tot vyf volwassenes en die glasdak laat die kajuit nog groter voel. Perfeksie is in elke detail van die Qashqai – van die herontwerpte instrumentpaneel tot die ratwisselaar wat met kwaliteitmateriaal oorgetrek is skep ‘n luukse gevoel regdeur die binneruim. Die sportiewe element word deur die D-vorm stuurwiel vertoon wat die bestuurder help om moeiteloos in en uit die voertuig te klim.
Sitplekke, met leer- of materiaaloortreksels, is gemaklik en bied goeie ondersteuning vir die langpad.
Die verskeidenheid funksies waaroor die nuwe Qashqai beskik, bied aan enige bestuur­der ‘n verrykende ervaring en ‘n hegte band vorm tussen die bestuurder en die spogvoertuig. Die intelligente tegnologie maak enige rit makliker en veiliger en gee die bestuurder meer selfvertroue agter die stuur.
Die Nissan Intelligent Mobility-sisteem funksioneer byna soos ‘n derde oog of sesde sintuig vir die bestuurder. Dié sisteem monitor nie net die voertuigfunksies nie, maar ook die onmiddellike omgewing, voorkom onvoorspelbare situasies en beskerm die bestuurder en passasiers.
Die noodremstelsel is ideaal in stadsverkeer omdat dit die bestuurder eers waarsku en dan self begin rem indien die stelsel waar­neem dat jy moontlik met ‘n voertuig voor jou kan bots. Verskeie kameras en sensors vergemaklik parkering sodat die bestuurder enige klein spasie met vrymoedigheid kan aanpak. Boonop waarsku die blindekol-waarskuwingstelsel die bestuurder indien daar ‘n voertuig in sy blindekol is terwyl die Rear Cross Traffic Alert-sisteem die bestuurder verwittig van enige beweging agter die voertuig wanneer hy agteruit stoot.
Onder die enjinkap skuil ‘n motor, in diesel of petrol beskikbaar, wat nie skaam is om te wys waartoe hy in staat is nie. Die 1,2 turboaangejaagde enjin met ses­spoed handratkas of outomatiese ratkas bied 85 kW en 6,2 liter per 100 km brandstofverbruik wat genoeg spoed en krag bied en besoeke aan die vulstasie verminder.
Die dieselenjin gekoppel met ‘n sesspoed handratkas lewer ‘n kragtige 81 kW en slegs 4,2 liter per 100 km se brandstofverbruik.
Vir meer inligting oor die nuwe Nissan Qashqai besoek BB Groep Nissan Polokwane in 20 Excelsiorstreet of skakel hul verkoopspan by 015 287 1300.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com