full screen background image

Verander die lewe se suurlemoene in limonade

1050

Hartlikheid, ruimhartigheid en geesdrif vir die lewe ten spyte van terugslae het Wiele 500 se sesde Damesoggend met Italiaanse tema gekenmerk.
Martelize Brink, RSG-aanbieder en gerekende koskenner, het die vroue Saterdagoggend by Grin Court verwelkom. “Waardeer wat jy vandag het want jy weet nie wat môre met jou gebeur nie. Niks is ‘n gegewe nie,” het sy gesê. Brink het ook demonstreer hoe maklik dit is om jou eie pasta te maak.
“Wiele 500 wil met hulle projekte help om mense wat in rolstoele is se entoesiasme vir die lewe te herwin en hul lewenskwaliteit te help teruggee,” het Michelle Engelbrecht, Wiele 500-trustee en prinsipaal van Exclusive Properties gesê.
Callsave het ‘n rolstoel aan Eeufeeshuis geskenk en Annemarie Breytenbach, eienaar
van Mickey en Minnie Kleuterskool het ‘n oefenfiets namens die skool aan Leander Visser oorhandig.
“Suurlemoene en olywe is suur en bitter op hul eie, maar sodra jy met hulle begin werk verander hulle en gee smaak aan bykans enige dis. Dieselfde gebeur met verhoudings en vriendskappe wat werk kos, maar die lewe beter, soeter en betekenisvoller maak,” was Marlene Calitz, Wiele 500-stigter se boodskap.
Die oomblik toe Jak de Priester die verhoog betree het, het gaste lustig saamgesing en ritmies hande geklap.
Keurige porsies is deurentyd bedien en die oggend is met ‘n uithalerete en nagereg afgesluit.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Voor is Lizelle Booysen, Exclusive Properties, Michelle Engelbrecht, Wiele 500-trustee en prinsipaal van Exclusive Properties,Martelize Brink, RSG-omroeper, en Marlene Calitz, Wiele 500-stigter. In die middel is Carita Nel, Wiele 500, Cornel Venter, Exclusive Properties, Joria Alberts, mede-eienaar van Freshwell en Wiele 500-trustee, en Jak de Priester, sanger. Agter is Hanlie Vorster, Wiele 500-trustee en Werner Ferreira, musikant.

Annemarie Breytenbach, eienaar van Mickey en Minnie Kleuterskool, oorhandig ‘n oefenfiets aan Leander Visser van Phalaborwa.

Die men-o-pause-mafia.

Die dames van La Pizza is as die besgeklede tafel aangewys.

Maureen Claase hou ‘n ogie terwyl haar dogter, Janic vir Martelize Brink help pasta maak.

Callsave het ‘n rolstoel aan Nicolene Brits van Eeufeeshuis oorhandig. Agter is Elaine Koekemoer, Marcus Morudu en Loumarie Viviers.

 

Jak de Priester het gaste vermaak.