full screen background image

Venus skitter helderste tydens Aand van die Sterretjies

963

Ouers en leerders is op passievolle danspassies en skreeu­snaakse storielyne tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se Aand van die Sterretjies getrakteer.
Die konsert is verlede Woensdag en Donderdag opgevoer met die gala-aand Donderdagaand. Die aanvraag na kaartjies vir dié aand was só hoog dat die skool blitsvinnig plan moes maak om meer sitplekke beskikbaar te stel.
Die graad 8-leerders het in sterregroepe, Venus, Aarde, Jupiter en Saturnus op die verhoog meegeding. Venus het almal uitgestof en is as wengroep aangewys.
Elke groep moes ‘n opvoering lewer wat tradisies of eienskappe van PHS uitbeeld en die storielyn moes terselfdertyd deur sprokies- of strokiesprentkarakters ondersteun word. Elke opvoering moes ook dansitems en ‘n kreet be­vat.
Venus se voorstelling van Scottie, die skool en hoofseun se ampsmotor, met die strokiesprent, Cars, as inspirasie het aan hul die wenplek besorg.
Aarde het van Kardoesie, Jupiter van Staaloog – ‘n anonieme ‘iets’ wat die skool se geheime uitlek, en Saturnus van Pietie, PHS se gelukbringer – as karakters in hul opvoering gebruik gemaak.
Volgens die skool se waarnemende skakelbeampte, Elmari Craig was daar slegs nege punte verskil tussen die eerste en vierde plek. “Dit was ‘n goeie gelykopstryd, maar Venus het daardie ekstra oemf gehad om as wenspan te seëvier.”

Storie, foto’s en videos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Arno Lombard van Venus stel Scottie voor.

Phillip van der Merwe en Ruach Wagner is deel van Jupiter se verhaal oor Tin Tin en ‘n lekkergoeddief.

Bekende televisiepersoonlikhede, Suzelle en Mariaan, van DIY with Suzelle, word deur Shani du Plessis en Anke Pretorius van Saturnus vertolk.

Aarde se skaaplam, Tjollie (Karla Kriel) en Heidi (Sonita Alberts) is beste vriende.

PHS se gelukbringer, Pietie, is kastig ‘n boelie wat ander leerders se broodjies afneem en word deur Edward-Hugo Conradie van Saturnus vertolk.

Jonathan Schulenburg, een van die Cars-karakters, Hendrikkie.

‘n Advertensiebreek met Saturnus se Jeanré Engelbrecht.

Peter in die verhaal van Heidi word deur Aarde se Carl Müller vertolk.

Die Cars-karakter, McQueen, Ruwan van der Watt van die Venus-groep.

Pedri Neethling en Alex Vonderstein is Asterix en Obelix van Saturnus.