full screen background image
Louwrens van Staden met al sy toekennings waaronder Speler van die Jaar. Foto’s: Verskaf

Veerpyltjieklub kroon bestes vir die jaar

556

Die plaaslike veerpyltjieklub, Flying Rabbits het Vrydagaand die jaar met ‘n prysuitdeling afge­sluit waartydens verskeie klublede met van die toptoekennings weggestap het.
Louwrens van Staden, Speler van die Jaar en Speler van die Jaar in die A-afdeling is verder vereer vir sy prestasie in die tweede-, derde-, vierde- en vyfde liga en eindig bo aan die lys van beste Club 180-spelers. Sy prestasies hou nie daar op nie en hy word ook aangewys as kampioen van kampioene en deel die toekenning as dubbelwenner met WP Roets.
Toekennings is ook gemaak aan: Koos Prinsloo, beste in Killer-liga; Tienie Kloppers, 100% teenwoordig 2019, toegewydste speler; WP Roets, 100% teenwoordig 2016 tot 2019; Nadia Meiring, Vrouespeler van die Jaar, beste vordering; Pote Pretorius, Speler van die Jaar in die B-afdeling; Noel van Rensburg, Dropper van die Jaar; Herman Kok, Klubman van die Jaar en Eddie Kruger, spelers se Speler van die Jaar.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eddie Kruger, spelers se Speler van die Jaar.

Vrouespeler van die Jaar, Nadia Meiring en sy toon die beste vordering.

Pote Pretorius is Speler van die Jaar in die B-afdeling.

Noel van Rensburg word as Dropper van die Jaar aangewys.

WP Roets ontvang die sertifikaat vir 100% teenwoordig van 2016 tot 2019 terwyl Tienie Kloppers 100% teenwoordig was vir vanjaar en hy ontvang die toekenning as toegewydste speler.

Herman Kok word as Klubman van die Jaar aangewys.