full screen background image

Vars paar tekkies vir Mandeladag

875

Mediclinic Limpopo het Vrydag as deel van hul Mandeladagvieringe nuwe tekkies aan kinders van Hoop vir Kinders se pleeghuise oorhandig.
Die ou tekkies het sommer dadelik gewaai en die kinders het dadelik met breë glimlagte hulle nuwe trappers aangepas.
“Kinders het Madiba baie na aan die hart gelê en ons probeer in sy voetspore volg deur na kinders uit te reik. Mediclinic Limpopo is al vir jare by die Polokwane Kinder- en Gesinsorg sowel as Hoop vir Kinders betrokke en help gereeld waar ons kan om kinders se uitkyk op die lewe te verander,” sê Istha McMillan, Patient Experience Manager van Mediclinic.
Hoof-uitvoerende beampte van Hoop vir Kinders, ‘n organisasie wat vier pleeghuise vir kinders in nood bestuur, Maryna Kruger het haar dank teenoor Mediclinic Limpopo uitgespreek en gesê: “Mediclinic Limpopo was ons nog altyd goedgesind en ek bedank McMillan en die bestuur opreg vir hul bydrae.”
Almal het na die oorhandiging saamgekuier en koek en tee geniet.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com