full screen background image

Uithouritklub bied eerste rit van jaar aan

206

Die Capricorn Uithouritklub bied Saterdag hul eerste uithourit van die jaar aan waar ruiters en hul perde aan 40 km-, 80 km- en 120 km-ritte net buite die stad kan deelneem.
Een van die organiseerders, Betsy van der Merwe sê ‘n 40 km- en 80 km-trapleer sowel as ‘n 80 km- en 120 km-kompeterende rit word aangebied.
Die uithourit word op die plaas Rietfontein, Grin Court Nature Reserve ongeveer 2,4 km verby die Polokwane Skougronde se hek gehou. Alhoewel aanlyninskrywings reeds gesluit is, sal daar tot môremiddag (Vrydag) ook nog geleentheid vir inskrywings wees.
Inskrywingkoste is onderskeidelik R400, R700, R700 en R800 vir die 40 km-dagrit,
80 km-trapleer, 80 km-kompeterend en 120 km-kompeterend.
Ruiters in die 120 km-rit spring reeds tussen 04:00 en 05:00 weg met die korter afstande wat teen sonop begin. Polokwane-inwoners word genooi om die dag saam met die ruiters te geniet en hulle te ondersteun. Ingangsfooie beloop R50 per voertuig.
Dagruiters moet bewys van inenting aan die veearts aan diens op die perseel toon voordat die perd mag deelneem.
Vir meer inligting skakel Van der Merwe by 082 804 8866 of Rioni Combrink by 082 804 7041.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die Capricorn Uithouritklub hou Saterdag die eerste uithourit vir die jaar by Grin Court Nature Reserve en nooi belangstellendes om ruiters te ondersteun. (foto verskaf)