full screen background image

Twee malariagevalle in Polokwane aangemeld

776

‘n Volwasse man en ‘n seun van Polokwane word sedert die naweek in Mediclinic Limpopo behandel nadat malaria by hulle gediagnoseer is.
‘n Plaaslike geneesheer het vanoggend bevestig dat beide pasiënte intensief behandel word.
Mediclinic Limpopo se kliëntediensbestuurder, Istha McMillan, het ook bevestig dat die twee pasiënte gedurende die naweek opgeneem is en behandeling ontvang.

 

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com