Ron Smith
Danél Esterhuysen -
DIE gemeenskap is woedend nadat drie mense die week in Limpopo binne vier dae wreed vermoor is en soek antwoorde en dade om die misdade konstruktief te bekamp.
Die oproer spruit uit die moorde op mnrre Ron Smith, Etienne Cammaerts en Paul Dunn onderskeidelik Vrydag, Saterdag en Maandag.
Die bejaarde Smith (70) is Maandagmiddag dood in sy huis op ‘n plot net buite Bela-Bela deur lede van die polisie aangetref.
Volgens inligting was Smith alleen tuis.
|
|||


