Danél Esterhuysen
Die man wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is op klagte van onder meer gewapende roof nadat hy na bewering ‘n groep mense in Maart by Waterland beroof en talle besittings van die besigheid gesteel het, het Dinsdag voor landdros Janine Ungerer verskyn en ‘n formele borgtogaansoek gebring.
Die hof het gehoor hoe mnr John Phiri, wat deur ‘n staatsprokureur verteenwoordig word, nog oortredings - die besit van ‘n gesteelde voertuig en ‘n onwettige vuurwapen en ‘n hangende diefstalklag teen hom het.


