full screen background image

Taberna Dei bied besielende vrouekamp aan

376

Meer as 70 vrouens het die afgelope naweek Taberna Dei se Glory to Glory-vrouekamp by Bolivia Estate bygewoon en volgens organiseerder, Wanda Farrell was die geleentheid ‘n besielende ervaring.
Die tema van die kamp was ‘God’s dwelling place’ en benewens Farrell het pastoor Mari van Nieuwenhuizen en Doreen Viljoen die kampers bedien. Die boodskap was: “Hy is die wynstok en ek is die loot. Wie in Hom bly, dra veel vrug”.
Die Taberna Dei Nova-orkes het tydens die lof- en aanbiddingsessies opgetree.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com