full screen background image

Suidskool verras met kultuurtalent

183

Die kultuurtalent onder leerders van Pietersburg Laerskool het gaste verlede Donderdag­aand so beïndruk dat die skool inderhaas Maandag ‘n tweede vertoning weens enorme belangstelling moes organiseer.
Leerders van graad 1 tot graad 7 het vir gaste ‘n onvergeetlike vertoning van kreatiwiteit op sy beste gelewer en die program het uit onder meer spreekkore, samespraak, solosang, spanredenaars en monoloë bestaan met die skoolkoor wat telkens die gehoor met kristalhelder stemme vermaak het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Dominique Faul en Li-Mei Wessels tydens die samespraak getiteld ‘Gebreek’.

Lohandi Schutte en Emily Lange tydens ‘n samespraakitem.

Keziah Zanna dra ‘n gedig ‘31rd of Janu-August’ voor.

Amelie Franken word deur ‘n groep kitaarspelers begelei.

Die graad 7-spanredenaars bestaande uit, Larochelle Evert, Justin Basson, Nicole Fick en Elandri Spies.

Graad 7-leerders, Simoné Beukman, Ian Fouché, Christelle Swart en Dré Jon­ker, begin die aand met volkspele.