full screen background image
Josua Robinson is as Dux-leerder aangewys.

Suidskool vereer toppresteerders tydens prysuitdeling

403

Pietersburg Laerskool se jaarlikse prysuitdeling vir graad 3 tot 7 leerders het Maandagaand oudergewoonte vir ‘n stampvol saal gesorg.
Ouers het gekyk hoe hul kinders vir hul prestasies in akademie, sport en kultuur beloon word. Die top akademiese leerders in elke graad is aangewys terwyl die wat in kultuur en sport uitgeblink het, ook vir hul harde werk beloon is.
Die aand is met die prestige-toekennings afgesluit waartydens leerders wat uitnemend presteer het met trofeë beloon is.
Toptoekennings is aan die volgende leerders gemaak: Josua Robinson, Dux-leerder; Amelie Franken, Veritas Kultuur Wisseltrofee; Lohandi Schutte, Atleet van die Jaar, Sportmeisie van die Jaar, Landloopatleet van die Jaar; Ian van der Merwe, Gemeenskapsdienstrofee, Hokkiespeler van die Jaar, Sportseun van die Jaar, Tennisspeler van die Jaar; Emily Lange, Tennisspeler van die Jaar; Damian Bye, Rugbyspeler van die Jaar; Mia de Jager, Netbalspeler van die Jaar; Jaco Willemse, Landloopatleet van die Jaar; JC Holtzhausen, Krieketspeler van die Jaar; Lujandré Koegelenberg, Jukskeispeler van die Jaar; Anria de Beer, Hokkiespeler van die Jaar; Erich Vorsatz, Seunatleet van die Jaar; Shaun Becker, Senior Skaakspeler van die Jaar; Pedrie Janse van Rensburg, Junior Skaakspeler van die Jaar; Rowyn Steyn en Rieke Bosman, Junior Redenaar van die Jaar en Li-Mei Wessels, Senior Redenaar van die Jaar.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Li-Mei Wessels, Senior Redenaar van die Jaar.

Lohandi Schutte is die Atleet van die Jaar, Sportmeisie van die Jaar en Landloopatleet van die Jaar.

Ian van der Merwe is aangewys as Hokkiespeler van die Jaar, Sportseun van die Jaar, Tennisspeler van die Jaar en ontvang die Gemeenskapsdienstrofee.

Rowyn Steyn en Rieke Bosman deel die trofee as Junior Redenaar van die Jaar.

Shaun Becker, Senior Skaakspeler van die Jaar.

Pedrie Janse van Rensburg,
Junior Skaakspeler van die Jaar.

Erich Vorsatz, Seunsatleet van die Jaar.

Anria de Beer, Hokkiespeler van die Jaar.

Lujandré Koegelenberg is die Jukskeispeler van die Jaar.

JC Holtzhausen, Krieketspeler van die Jaar.

Mia de Jager is Netbalspeler van die Jaar.

Jaco Willemse, Landloopatleet van die Jaar.

Rugbyspeler van die Jaar, Damian Bye.

Emily Lange, Tennisspeler van die Jaar.

Amelie Franken met die Veritas Redenaarstrofee.