full screen background image
Aimee Wreyford is die Dux-leerder en topakademiese presteerder in graad 7.

Suidskool vereer akademiese-, kultuur- en sportpresteerders

663

Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs tydens hul jaarlikse prysuitdeling leerders wat akade­mies presteer en op sportgebied uitgeblink het, vereer.
Die top akademiese leerders in die onderskeie grade is Joshua Robinson, graad 5, Karlize Bacher, graad 6 en Aimee Wreyford, graad 7 wat ook as die Dux-leerder aangewys is. Aimee is ook die die graad 7-toppresteerder in Afrikaans, Engels, natuurwetenskappe, sosiale wetenskappe en ekonomiese bestuurswetenskappe.
Op sport- en kultuurgeied is die volgende toekennings gemaak: Lohandi Schutte is Redenaar- en Landloopmeisie van die Jaar, terwyl Lourens Swanepoel die junior Skaakspeler van die Jaar is. Marilené van den Bergh is as senior Skaakspeler van die Jaar aangewys, Sunet Viljoen as Meisies-atleet van die Jaar.
Die veelsydige Henry van Wyk is Seunsatleet-, Landloopatleet- en Sportseun van die Jaar.
Leila Holtzhausen is PLS se Hokkiespeler van die Jaar (meisie) en Dewan Gobey Hokkiespeler van die Jaar (seun).
Kayla Janse van Vuuren het die toekenning vir Jukskeispeler van die Jaar ontvang, terwyl Gerhard Greeff die Krieket- en Tennisspeler van die Jaar is.
Stephane Schoeman is vanjaar se Netbalspeler van die Jaar, Jason Hugo die Rugbyspeler van die Jaar en Marjoné de Beer die Swemmer- en Sportmeisie van die Jaar.
Karla van den Berg is vereer as Tennisspeler van die Jaar en oudhoofseun, Werner Swartz, is vereer vir sewe jaar getroue skoolbesoek.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Majoné de Beer, Swemmer- en Sportmeisie van die Jaar.

Henry van Wyk is as Seunsatleet-, Landloopatleet- en Sportseun van die Jaar aangewys.

Netbalspeler van die Jaar, Stephane Schoeman.

Leila Holtzhausen is Hokkiespeler van die Jaar.

Dewan Gobey, Hokkieseun van die Jaar.

Die Rugbyspeler van die Jaar is Jason Hugo.

Marilene van den Berg is die senior Skaakspeler van die Jaar.

Die junior Skaakspeler van die Jaar is Lourens Swanepoel.

Karla van den Bergh, Tennisspeler van die Jaar.

Lohandi Schutte, Redenaar- en Landloopatleet van die Jaar.

Gerhard Greef is Krieketspeler- en Tennisspeler van die Jaar.

Die Jukskeispeler van die Jaar is Kayla Janse van Vuuren.

Sunet Viljoen is die Meisiesatleet van die Jaar.