full screen background image
Jason Hugo wat as Speler en Agterspeler van die Jaar aangewys is saam met afrigters, Marten Gobey en Chris de Klerk. (Foto's: Verskaf)

Suidskool se top eerstespanspelers vereer

648

Eerstespan rugbyspelers van Pietersburg Laerskool wat verlede jaar uitgeblink het, het tydens hul jaarafsluiting trofeë vir uitnemende prestasies gedurende die seisoen ontvang.
Jason Hugo het met twee toekennings weggestap en is as Agterspeler van die Jaar sowel as Speler van die Jaar aangewys.
Dewan Gobey is die Voorspeler van die Jaar terwyl Marc van der Merwe as Toegewydste Speler van die Jaar uitgesonder is.
Die spelers se Speler van die Jaar is Lennard Swart.
Elke spanlid moes ‘n speler kies wat deur die seisoen uitgeblink het, nie net wat spelpatroon betref nie, maar ook wat die span die meeste gemotiveer het en ‘n positiewe gesindheid op die veld gehad het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerstespanafrigters, Marten Gobey en Chris de Klerk saam met die Voorspeler van die Jaar, Dewan Gobey.

Lennard Swart is die spelers se Spelers van die Jaar, Saam met hom is Gobey en De Klerk.

Marten Gobey en Chris de Klerk saam met die Toegewydste Speler van die Jaar, Marc van der Merwe.