Pietersburg Laerskool het besluit om vanjaar na die gemeenskap uit te reik en die graad 7-leerders het dié projek volstoom aangepak deur verlede Donderdag vir inwoners van Eeufeeshuis ‘n sokkie aan te bied.
Inwoners is nie net met lekker musiek bederf nie, maar kon ook aan spookasem en springmielies peusel terwyl daar tot laat geskoffel is.
Die skool het ook in samewerking met plaaslike rolspelers, inwoners se hare en grimering opgeknap voordat hulle vir die sokkie aangemeld het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com