|
|
|
|
|
Submitted by admin on 4 March, 2010 - 10:35
|
NG-Noord Pietersburg vier vanjaar hul sestigste feesjaar met verskeie aktiwiteite tydens hul Borreltydprogram.
Gisela de Villiers se uitvoering Saterdag (6 Maart) om 09:30 by NG-Noord se kerksaal, is ‘n reis na binne.
Sy het in skrywes en musiek wat van lank gelede tot in die hede strek, gaan delf. Gisela glo onwrikbaar dat die lewe goed is, en dat humor oral uitloer, selfs onder baie moeilike omstandighede.
Die uitvoering met die titel “Ys in ‘n Vlamkombers” nooi die gehoor uit om hierdie reis mee te maak. Waar mens ook al deur die lewe beweeg, word mense en situasies met ‘n doel op jou pad geplaas.
Gisela hoop om saam met jou by daardie doel uit te kom. Sy het ook nuwe musiek vir die uitvoering geskryf, wat ‘n sagte lig werp op kwessies wat soms té ernstig opgeneem word. So kom ry saam!
Kaartjies beloop R100 per persoon en is by die NG Kerk Pietersburg-Noord se kerkkantoor beskikbaar. Bel die kerkkantoor by 015 287 9700 of skakel Dia van Staden by 083 726 1180 vir meer inligting.
|
|
|
|
|
|