
Die Hoërskool Pietersburg (PHS) se Pietiebond vereer vanjaar weer twee oudleerders van die skool. Prof Christiaan Frederick Beyers Hofmeyr Die postuumtoekenning word aan wyle prof Christiaan Frederick Beyers Hofmeyr gedoen. Hofmeyr was ‘n akademikus en ve-terinêre chirurg van formaat en het sy be-roepslewe as heeltydse dekaan aan die Fakulteit Veeartsenykunde van die Universiteit van Pretoria en kolonel by die SA Mediese Diens as adviseur van die geneesheer-generaal afgesluit. Hofmeyr was deur sy loopbaan ‘n gasspreker by tientalle internasionale forums en het sowat 25 buitelandse universiteite as kundigeop sy gebied toegespreek. Uit sy pen het 21 hoofstukke verskyn vir ‘n boek, Ruminant Urogenital Surgery, wat internasionale erkenning geniet. Nog negentig gesaghebbende internasionale artikels is deur hom geskryf. Hofmeyr het in 1932 aan PHS gematrikuleer en is op 14 Junie 2004 oorlede. Mnr Jannie Moolman Vanjaar se Pietie van die Jaar is die formidabele plaaslike sakeman, mnr Jannie Moolman, wat tans met sy gesin in Pretoria woonagtig is nadat hy in 1969 aan PHS gematrikuleer en tot onlangs nog ‘n inwoner van die stad was. ‘n Oorkunde aan hom lui dat verskeie titels Moolman toekom – van burgemeester tot Sakepersoonlikheid van die Jaar. Dit het alles gekom deur eienskappe soos harde werk, dryfkrag, ondernemingsgees, vernuf, volharding, toewyding, ‘n hoë intellek, medemenslikheid, vrygewigheid en nederigheid. Benewens Moolman se sakesukses, is hy ook ‘n vernuftige sportman wat spog met provinsiale kleure in gholf, muurbal en krieket. Die oorkondes word tydens ‘n galageleent-heid op 27 Augustus by PHS oorhandig.

